Wen met ABC Wiskunde en Wetenskap
04 February 2019
INSKRYWING IS GRATIS!
Ons is opgewonde om ons nuwe maandelikse kompetisie vir Wiskunde en Wetenskap leerders bekend te stel. Beginnende op die 7de Februarie 2019, sal studente die geleentheid hê om in sewe kategorieë ‘n twee maandelikse subskripsie vir Voucher Plus te wen. Met koepons waarvan die totale waarde tussen R250 tot R500 is, kan jy jouself bederf en jou vaardighede in jou gunsteling vakke toets.
Wat moet jy doen?
Ons sal elke maand ‘n nuwe vraag vir elke kategorie op die web plaas. Jy sal twee weke hê om die antwoord in te dien, dus teen die 21ste van die maand. Die antwoorde sal gemerk word en die wenner van elke kategorie sal teen die einde van elke maand in kennis gestel word en op die webtuiste gepubliseer word.
Daar is sewe kategorieë, maar jy mag slegs een keer per maand per vak inskryf. As jy ʹn graad 8-12 leerder is, kan jy dus vir beide die Wiskunde en die Wetenskap inskryf. Die volledige reëls en regulasies kan op ons web gekry word.
Die sewe kategorië is:
A. Wiskunde / Mathematics Gr. 1-3
B. Wiskunde / Mathematics Gr. 4-6
C. Wiskunde / Mathematics Gr. 7-9
D. Wiskunde / Mathematics Gr. 10-12
E. Wiskundige Geletterdheid /Mathematical Literacy Gr. 10-12
F. Wetenskap / Science Gr. 8-9
G. Wetenskap / Science Gr. 10-12
As jy dink jy sien kans vir die uitdaging, lees verder.
Hoe om in te skryf
Om mee te begin, gaan reguit na die
Kompetisie blad op ons webtuiste en registreer. Elke leerder moet registreer met hul eie epos adres. Indien jy nie jou eie epos adres het nie, skep vir jou vinnig ʹn epos adres met Gmail.
As jy geregistreer en jou wagwoord geskep het kan jy inteken en die Huidige Kompetisie Vrae sal tot jou beskikking wees. Kies jou toepaslike kategorie se vraag en spring weg om die antwoord uit te werk.
Moenie oorhaastig wees nie – jy het twee weke om aan die antwoord te werk. As jy tevrede is met jou antwoord, teken in, laai jou antwoord op in of “word” of as ʹn “pdf file” en dien die antwoord in. Wees op die uitkyk vir ‘n epos ter bevestiging dat jou antwoord ingedien is.
Wanneer word die trekking van die wenners gedoen?
Op die 28
ste van elke maand, word die trekking vir elke kategorie deur ʹn onafhanklike party gedoen. Indien jou naam getrek word sal ons jou per sms en epos in kennis stel met al die nodige inligting rakende jou prys. Ons sal ook jou ouers en jou skool in kennis stel met die opwindende nuus!
Wat kan jy wen?
Elke wenner ontvang ‘n inskrywing vir twee maande by Voucher Plus. Jy kan jou koepons wat hulle vir jou sal stuur na hartelus gebruik vir die twee maande. Op hul webtuiste sal jy sien dat daar verskeie kategorieë is waarvan jy kan kies – Kos&Drank, Mode en Toebehore en nog vele meer. Die totale waarde van die koepons wissel maandeliks tussen R250 – R500 afhangende van wat beskikbaar is vir die maand. Jy kan dus groot afslag kry op items wat jou hart begeer.
Die pryse sal via Voucher Plus aan jou gestuur word via SMS en epos en die wenners sal hul koepons na hartelus kan gebruik. Besoek gerus Voucher Plus se webtuiste vir meer inligting van wat beskikbaar is:
www.voucherplus.co.za
Is jy gereed om ʹn ABC Wiskunde en Wetenskap wenner te wees?
Natuurlik is jy en ons kan nie wag om pryse weg te gee aan ons eerste wenners nie. Gaan dadelik na ons webtuiste
www.abcmathsandscience.co.za en registreer nou op die kompetisie blad. Onthou dat daar elke maand nuwe vrae is. Jy het dus elke maand ʹn kans om te wen.
Back