LOGIN/TEKEN AAN

Hoekom is Wiskunde Belangrik?



In vandag se moderne wêreld, waar leerders se antwoorde slegs die druk van ’n knoppie vereis, mag jy dalk wonder waarom wiskunde as vak nog belangrik is. Is algebra en trigonometrie werklik nodig om suksesvol te wees? Moontlik nie, maar daar is soveel meer waarde aan wiskunde as wat jy dalk mag besef. Hier volg net ’n paar redes waarom wiskunde as vak belangrik is:
 
Wiskunde ontwikkel kritiese denk  vaardighede
Met die aanleer van die verskeie afdelings in wiskunde, sal die leerder belangrike vaardighede aanleer wat in talle ander vakke gebruik kan word. Soos byvoorbeeld:
 
  • logiese redenering,
  • probleem oplossing en,
  • die vermoë om kreatief te kan dink.
 
Wiskunde leer jou om data te kan analiseer deur verskillende patrone te herken, toepaslike vrae te kan vra en metodes uit te werk om by die antwoord uit te kom, en selfs metodes om te toets of die antwoord korrek is of nie.
 
Hierdeur leer jy dus om beide logies en kreatief te kan dink; ook hoe om ’n probleem op verskeie maniere te kan benader en dan met ’n logiese en toepaslike oplossing vorendag te kan kom.
 
Wiskunde het praktiese toepassings
Jy is dalk nie bewus daarvan nie, maar jy gebruik daagliks wiskunde. Wanneer jy jou maandelikse begroting uitwerk vir kruideniersware of bestandele afmeet as jy bak – gebruik jy wiskunde. Selfs as jy bereken hoe laat om te vertrek om betyds ’n afspraak na te kom,  maak jy van syfers en berekeninge gebruik.
 
Om vinnig en akkuraat afstande, tye, gewigte en persentasies te bereken is ’n basiese, maar baie belangrike, vaardigheid wat ons daaglikse lewe makliker maak – én daarvoor moet ons wiskunde bedank!
 
Wiskunde open verskeie loopbaan moontlikhede
Die afgelope jare word die akroniem  STEM (“Science, Technology, Engineering and Mathematics”) al hoe meer gebruik. All hierdie rigtings vereis ‘n gevorderde insig en begrip van wiskunde en daar is ’n groot tekort aan gekwalifiseerde kandidate in hierdie loopbaanrigtings. Dit beteken dat studente wat in wiskundige rigtings studeer, en goed presteer, vir hulself die weg baan om verskeie winsgewende en opwindende beroepe toe te tree.
 
Selfs al wil jy nie ’n wetenskaplike of ’n ingenieur word nie, sal jy vinnig agter kom dat byna elke denkbare beroep wat jy kan betree in een of ander mate gebruik maak van wiskundige berekeninge. Argitekte en vermaakkunstenaars, fotograwe en mode ontwerpers, marknavorsers en verkoopsagente gebruik almal daagliks wiskunde in hul werksplek. Indien jy moeite doen met wiskunde tot in matriek, sal jy na skool ’n wyer veld van loopbaankeuses hê om van te kies.
 
Wiskunde is die taal van die heelal
Die basiese beginsels en wette van wiskunde help ons om die wêreld om ons te beskryf en verstaan.  In werklikheid is wiskunde nie net die taal van die heelal nie, maar wel ook ’n universele taal.
Om getalle op te tel of om ’n nuwe algoritme te ontwerp is dieselfde in enige taal, maak nie saak waar jy jouself in die wêreld bevind nie. Dit alles vorm deel van die opgewondenheid wat in wiskunde as vak opgesluit lê!
 
Dit is ‘n feit dat wiskunde steeds ’n groot uitdaging is vir baie leerders, maar tog bly dit ’n baie belangrike vak. Met ’n bietjie moeite en baie oefening kan enige persoon wiskunde as vak bemeester. Daar is ook verskeie hulpbronne beskikbaar vir onderwysers, ouers en leerders. Ons by  ABC Maths and Science het reeds besef hoe nodig maklik bekombare ekstra oefening is, daarom het ons die platform geskep om elektroniese oefeninge maklik te bekom. Hierdie oefeninge is beskikbaar vanaf graad 1 tot graad 12. Indien jy meer wil jy uitvind, maak gerus kontak.


Back
Social Media
Contact Us
Cell: 082 8952 966
Email:

Kontak Ons
Sel: 082 8952 966
Epos: